Description
Sonnet sonder woorde deur Ettie Bierman is ’n Afrikaanse romantiese verhaal oor ou liefde, onverwagse ontmoetings en ’n vakansie wat heeltemal skeefloop.
Valdi en haar niggie Fiela se Europese vakansie neem ’n onverwagse wending wanneer hulle op Capri beland en Valdi daar haar groot skoolliefde, Duard, raakloop. Nege jaar nadat hy haar hart gebreek en haar verneder het, is sy steeds nie oor hom nie. Om die eiland te verlaat is egter nie so maklik nie, veral nadat Fiela beseer word en hulle noodgedwonge langer moet bly. Terwyl Valdi probeer om haar gevoelens vir Duard te hanteer, sorg die aantreklike Afrikanermans op die eiland vir verdere komplikasies. Sal sy haar hart nog ’n keer op die spel plaas?












