Description
Gunstelinge 2 sluit drie prag verhale in:
Die Kriges van Sewe Eike – Nickey van Schalkwyk (2007): Die leser word binne-in die Kriges se wêreld van liefde en swaarkry geplaas. Dit is die dertigerjare en die hele land gaan gebuk onder die depressiejare. Vir dokter Samuel Krige en sy trotse vrou, Sue, is dit nie altyd maklik om hulle vyf dogters groot en opgevoed te kry nie.
Intrige op Rynashoop – S.C. Brink (1975): Joan Weerdman raak wrewelrig as sy aan haar suster Lina en haar sukkelaarman dink. Vandat die Weerdmans vir Lina en Dirk uit die goedheid van hul harte op Rynashoop laat intrek het, is daar net skade. As Dirk nie die beste melkkoei laat vrek nie, gooi hy die trekker om. Maar ‘n reeks onverwagte gebeure ruk die lewe op die plaas uit sy gang en ook Joan moet in haar hoogmoed tot ‘n val kom.
Die eerste uur na middernag – Melanie Boshoff (1981): Pynlike herinneringe uit Christine se verlede trek haar in ‘n wêreld van spioenasie in. Wat het werklik met Ben Rheeder gebeur en waar is die seun wat sy moes laat aanneem na sy verdwyning? Sy en haar aanneemdogter, Bienkie, word deur die aangtreklike jong kaptein Donal Colyn begelei terwyl Bienkie as deel van ‘n Spaanse dansgroep die troepe op die grens vermaak. Daar wag gevaar en intrigue op hulle pad voor Christine antwoorde op haar vrae vind.












