Description
Omnibus 15 is nog ‘n voortreflike bydrae tot die verhaleskat van liefde en opwinding waarmee Ena Murray nou al sterstatus verwerf het
Sluiers van die nag (1976): “Onthou jy my nog, Maryke?” Met hierdie woorde sluit dokter Ralph Weideman die geroeste slot van ‘n baie bitter verlede oop. Maryke Linde wend haar soos ‘n gewonde dier tot die wildvreemde professor Paul de Vries, en intuïtief kom hy tot haar redding. Maar is hul maskerade oortuigend genoeg om te keer dat Maryke die laaste waardevolle besitting verloor wat sy nog op aarde besit?
Wewenaar van groene weide (1975): Amanda Maree 27 en heeltemal tevrede met haar bestendige lewe. Dat sy alles onderstebo sou keer met haar raad aan die verwende, eiesinnige Jeanette de la Rey, sou sy nimmer kon droom nie. Rocco de la Rey konfronteer haar en beweer sy pleegkind se verdwyning is háár skuld en nou is dit ook haar plig om Jeanette op te spoor. So word Manda betrek by die weëvan miljoenêrs en speurders – en dit hou meer intrigue en rollespel in as wat sy kan verduur. Self die liefde word versuur deur die verskyning van die suksesvolle, haas perfekte Lucille Herbst…
Boeie van goud (1979): Charmain se verhaal van verydelde liefde vir haar eie man. Hoekom, vra sy ‘n duisend maal af, het Quintus de la Harpe met haar getrou as hy haar nooit werklik sy vrou wou maak nie? Sy het hom met haar hele wese lief, maar moet toekyk hoe sy skoonsuster en niggie wedywer om sy aandag en liefde. Wanneer Mariuys de la Harpe en Jacques Taute haar pad kruis, raak die situasie net nog meer onverstaanbaar, want wat hulle oo haar man te vertel het, maak net nie sin nie.












