Description
Helene de Kock se Keur 1 sluit vier prag verhale in:
Die soete dwaling (1978): Dr. Daïrus Deetlefs se ma probeer om sy lewe – en ‘n huwelik met Martine – vir hom te reël. Hy vlug na Londen en sy ouers kan dit nie begrip nie. Daar ontmoet hy iemand uit sy verlede: die misterieuse Sylvia Saunders.
Seisoen van die skimmelson (1989): Madel studeer sang in Beier en moet haar jeugliefde agterlaat. Net tydelik, so glo sy. Sy besef egter mettertyd dat sommige besluite jou oor ‘n afgrond kan stuur.
Anderkant die vloedwaters (1997): Dr. Bernard Linde voel hy benodig standvastigheid: Die tyd het aangebreek om ‘n vrou te vind. Een stormnag laai hy ‘n vreemde vrou op – en net so skielik verdwyn sy. Een ding weet hy: Hy gaan nooit wéér dieselfde wees nie.
‘n Vrou vir Ver-en-Naby (vervolgverhaal in Sarie): Laura Krause wonder wát sy moet doen om uit haar moeilike huwelik met Simon te ontsnap. Sy het nie antwoorde nie, en vat die pad. Hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie? Miskien lê die antwoord by ‘n onverwagse afdraai en ‘n koppie tee op Clarens.











