Description
In Ena Murray se Omnibus 17 bied drie verhale wat jou ver wegvoer: na die onbesoedelde plaaslewe, na die spannende hofsale van ‘n groot stad, selfs na veraf, romantiese Spanje.
Rabbedoe van Rietkuil (1975): Toe Wynand Hechter, baas van die spogplaas Rietkuil, ‘n advertensie plaas vir ‘n plaasvoorman, sou hy nooit kon dromwat hy homself op die hals haal nie. Want toe die nuwe voorman opdaag – agterop ‘n donkiekar – is dit g’n “voorman” nie maar ‘n “voorvrou” wat voor hom stelling inneem – tot sy verbystering en toe algehele verontwaardiging. Om dinge nog meer gekompliseerd te maak, is daar ‘n baie belangstellende buurman en les bes ‘n broer wat opdaar. Toe ontpop die bokstert, Langbroek rabbedoe “voorman” tot sy misnoeë skielik in ‘n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere. Geen wonder Wynand Hechter is later totaal die harna in gejaag nie, maar gelukkig vir hom het oom Fasie altyd ‘n plan.
Waar die nagtegaal sing (1974): ‘n Veel soberder verhaal: dié van ‘n jong meisie wat haar wil ontferm oor haar oorlede suster se twee kinders – en selfs bereid is om daarvoor na Spanje te gaan. Helmien Naudéis egter heeltemal onvoorbereid op haar ontvangs by die Middeleeuse kasteel met sy eksentrieke inwoners. Ramiro y Domingues se dominerende houding, sy minnares se gekonkel en sy suster se haatdraendheid maak haar lewe uiters onaangenaam. En tog, toe Ramiro skielik besluit dat haar doen en late hom nie meer skeel nie en dat sy kan ko men gaan soos dit haar pas. Skielik begeer sy dat hy soos altyd moet wys hy is baas, ook háár baas. Dat hy haar “pequena” (kleintjie) moet noem…
My afgemete deel (1976): Die pragtige maar onkundige Hybre Koch in die strikke van ‘n getroude man. Toe sy haar kom kry, is sy betrokke by ‘nongure hofsaak. Advokaat Arend Ritter “red” haar, maar op ‘n voorwaarde: sy moet bereid wees om vir die duur van die hofsaak as sy verloofde te poseer. Die advocaat vir die verdediging is egter nie verniet ‘n gedugte rooikop nie: Mercia Koornhof kom Hybre se geheim agter en sy stel haar eie voorwaardes toe Hybre nie wil hê dat die hele bedrogspul op die lappe moet kom nie. En Hybre besef dat nie net Arend Ritter se goeie naam en reputasie op die spel is nie, maar sy hele toekoms. Sy hele lewe. En dit is vir haar duidelik dat sys al moet vlug.










