Karen van Duinesee – Nita Griessel

R25,00

Published in 1990. Dust jacket shows some shelf wear. Pages have yellowed, but still very readable. A few pages have a small nick on the paper edge and a few with small folded corners – possibly due to storage. Tight binding. No markings.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • No hidden costs
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
ISBN: 0799315419
Book Cover: Hardcover
My Owl Bookshop

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Karen de Jongh is ‘n aantreklike, verfynde, ryk standsnooi in wie se lewe daar oënskynlik niks ontbreek nie. Tog is sy sielsongelukkig toe sy tot die besef kom dat die elite kringe waarin die ryk De Jongh gesin beweeg leeg, koud en oppervlakkig is. Warmte, begrip en huislikheid – dit wat essensieel is – ontbreek ook geheel en al in hul gesin.

Op die koop toe word sy deur ‘n goeie vriend bedrieg en moet sy uitvind dat hy getroud is en dat sy vrou swanger is. In haar soeke na ‘n eie indentiteit besluit Karen om heeltemal weg te breek uit haar omgewing. Sy aanvaar ‘n pos as hoof van ‘n eenmanskooltjie op ‘n vissersdorpie, Duinesee.

Uit die staanspoor koester die stil forsgeboude Wald Hofmeyer ‘n openlike afkeer teenoor haar – waarom? Gaan die res van Duinesee se gemeenskap van wie sy soveel teëkanting kry, en wat Wald byna slaafs navolg, haar met hulle ongenaakbare houding wegdryf?

Karen leer egter op Duinesee dat die Duineseërs in vername mense se oë eenvoudige waardes het, maar dat hulle ryk van gees is omdat hulle die resep vir naasteliefde reg gelees en verstaan het.

Nita Griessel se boeiende diep menslike liefdesverhaal, Karen van Duinesee hoort in Romankeur, tussen ons  heel gewildste uitsoekromans.

Vendor Information