Description
In Die Tyd Van Die Gif vertel van diepte, menslikheid, pyn, verlies, maar ook geloof en hoop. ‘n Versameling kortverhale en waarnemings wat fokus op die eerste 18 maande van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika. Dit begin met die euforie van die Springbokke se oorwinning in die Rugbywêreldbeker in 2019, en verskuif dan na die skielike verandering wat die pandemie in almal se lewens gebring het.
















