Description
Is dit moontlik om rousmart en traumatiese verlies ten volle te verwerk?
Kom jy oor verlies, of kom jy daardeur?
Kan tyd ’n verskil aan rousmart maak?
Kan rousmart dalk tog netjies in vyf stappe ingeperk word?
Is dit moontlik om op te hou treur maar sonder om te vrees dat jy jou ‘persoon’ gaan vergeet?
Wat van die ouer wat ’n kind aan die dood afgestaan het? Is daar hoop?
Is rousmart anders vir ’n kind / eggenoot / sib?
Watter uitdagings skep traumatiese verlies soos moord en selfdood in die verwerking van verlies?
Groot verlies en die verwerking daarvan is ’n groot uitdaging en dit is menslik om gou-gou beter te wil voel. Maar, sonder om die hartseer te konfronteer, is daar nie ’n beter nie.











