SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Suid-Afrikaanse Buitelewe-Handboek – Roger Sinclair
R50,00
A good-looking copy with minor shelf wear. Previous owner’s name and address written in pen on inside of cover. Pages are clean, no dog ears. Sturdy.
1 in stock
- Free buyer protection
- No hidden costs
- Bundling per vendor - just add to cart
Description
Het jy ook al daarvan gedroom om in ‘n sweeftuig deur die lug te gly, op ‘n seilplank oor die water te skeer, salig in ‘n ballon te dryf of die wonderwêreld onder water deur ‘n duikbril te bekyk? Die Suid-Afrikaanse Buitelewe-Handboek gee jou toegang tot daardie pretwêreld. Party avonture – soos valskermspring of waterski – kan vreesaanjaend lyk. Maar die boek is juis bedoel om jou die eerste hupstootjie te gee. Want soos Roger Sinclair self ontdek het: sodra jy begin, word dit sommer makliker. Soveel te beter as jy reeds weet waaruit die beginnerskursusse bestaan – en dis presies wat jy in Roger Sinclair se handboek kan lees. Daar is aksie-beskrywings van 21 aktiwiteite – van bergklim tot sweefvlieg, van seil oor die oseaan tot die verkenning van grotte – soos Roger Sinclair dit self deurgemaak het. In elke hoofstuk word die terme verduidelik sodat die nuweling nie deur die taal afgeskrik hoef te word nie. Daar is kontak-adresse vir klubs, opleidingsentrums en verskaffers van toerusting. Tegniese sketse verduidelik die gespesialiseerde toerusting aan die beginner. Sommige aktiwiteite is makliker, soos voëlkykery, voetslaan in ‘n wildgebied of die verkenning van die wynland. Geen opleiding is nodig nie, maar ‘n goeie agtergrond help om jou aan die gang te kry. Al die kontak-inligting word verskaf. Die boek is vol pragtige aksie-foto’s. Dis ‘n plesier om te lees en ‘n uitstekende gids tot talle buitemuurse aktiwiteite wat in ons sonnige land moontlik is.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop