Description
Dokter van harte deur Kristel Loots is ’n Afrikaanse liefdesverhaal oor ’n vrou wat ná ’n gebroke verhouding besluit het om haar hart teen mans te beskerm. Jenna Joubert het geen begeerte om deur Luca de Wet, ’n befaamde Kaapse kardioloog, behandel te word nie. Sy vertrou hom nie en het min geduld met dokters wat volgens haar hul eie belange bo dié van hul pasiënte stel.
Maar Luca bly in haar lewe opduik, en ondanks haar wantroue wek die aantreklike dokter gevoelens en fantasieë in haar wat sy liewer sou wou vermy. Jenna is vasbeslote om nie weer ’n man toe te laat om haar seer te maak nie. Sal sy by haar besluit kan bly wanneer haar hart en haar verstand nie meer saamstem nie?













