Description
Die Wynland Omnibus sluit drie van Helene de Kock se gewildste wynlandverhale in
‘n Kind vir Vier Oude Vrinde, (1988): ‘n Liefdesverhaal wat lees soos ‘n speurverhaal. Die legende van die baba wat eeue gelede een nag op die drumpel van die ou opstal gevind is, herleef wanneer die pragtige erfgenaam, Isabel Verwey, een stormagtige nag wakker word en ‘n baba by haar deur kry… En met watter geheime leef Isabel self saam?
Volmaakte versnit, (1995): ‘n Vrou wat in haar drang om vry te wees die verkeerde keuse gemaak het, ‘n keuse wat haar weggeneem het van haar mense. En dan keer sy terug na die wynplaas en vind uit dat ‘n krisis ‘n mens kan breek of balans kan bring. Tussen vreugde en pyn – dis wat liefde is…
Soetwyn vir ‘n Sondagkind, (1985): ‘n Jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar stiefpas se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studies in die buiteland, het dinge verander…











