Description
Omnibus 1 sluit die drie pragtige liefdesverhale in:
Delila (1991): Net ‘n pierewaaier-pa sal sy dogter as dobbelprys aanbied na hy al sy besittings weggedobbel het, en dan selfmoord pleeg. Die mooi Delila se nuwe voog, Philippe D’Entremont, onderneem om haar pa se laaste wens uit te voer om goed na haar te kyk. Dit beteken onder meer dat Lila se sjarmante neef, Rogier, ongewenste geskelskap is. Verbitter en opstandig maak sy die lewe vir Philippe moeilik – tot op ‘n dag…
Die lady (1989): Wanneer die oorlogswolke tussen Boer en Brit begin saampak, ontmoet die jong Boer, Philip van Breda, vir lady Penelope de Lancey in die verre Wenen. Hy beland meteens in ‘n tweegeveg om haar eer, al kan die twee mekaar glad nie veel nie. Onverwags ontmoet hulle weer in Kaapstad en raak by die Anglo-boereoorlog en by mekaar betrokke – al bly dit steeds ’n stryd tussen Boer en Brit.
Erfgenaam (1989): Almal is verlig wanneer tweelingseuns vir Philip en Penelope van Breda gebore word. Dit beteken ‘n erfgenaam vir die Britse graafskap en vir die Oostenrykse baronskap. Charles word dus Brits en Manfred Europees grootgemaak, teen die agtergrond van die stryd tussen Boer en Brit. Wanneer die Eerste Wêreldoorlog uitbreek en hulle aan teenoorstaande kante veg, blyk dit dat bande van bloed veel kan deurstaan.











