Description
Omnibus 10 sluit drie prag verhale in uit die pen van Ena Murray, ingesluit met ‘n nawoord deur die skrywer.
Die reëngod Tlaloc (1981): Marizan Meyer wil die liefde van haar man tot elke prys terugwen. In die moderne stad Mexiko kom Héctor Moreňo egter op haar pad. Die een oomblik is hy die galante heer, die volgende die wellustige, barbaarse Asteek. Hy wil haar leer om werklik lief te hêen van haar onvolmaakte huwelik te vergeet. Maar die nag daar in die oeroue tempel van die reëngod, toe die singende priesters haar as offerande vasbind, is dit hy wat verskyn. Gaan dieselfde hand wat die liefde met soveel teerheid wakker gemaak het, nou die lem in haar hart druk?
Vlug van die albatros (1980): Nadia Durandt stem in om haar broer, Rudy, te help bou aan ‘n nuwe toekoms as ingenieur na jare van ongelukkigheid. Die geheimsinnige Kurt Gerlach, Rudy se nuwe baas, het die voorwaarde gestel dat Rudy getroud moet wees, en as “man en vrou” vertrek hulle saam na die Maledive-eilande naby Indiëom aan ‘n bouprojek te werk. In die vreemde wag die verleidelike Aja en haar soel-aantreklike broer Amir op hulle – om te help met die projek, maar ook om die liefdesgod voltyds besig te hou. Gou vier jalousie en frustrasie hoogty en begin onstellende dinge gebeur.
Koning van die Kanaku (1980): Olga Kirstein gebruik al haar spaargeld om ‘n troue in Guiana op die rand van die Amasone by te woon – die huwelik van haar suster, Mamein, wat so anders as sy grootgeword het. Namein ken net die bevoorregte rykmanslewe van ‘n adellike. Nou gaan sy trou met Pablo, hy met die voorkoms van ‘n Indiaanse krygsman, iemand wat ‘n hoë prys op die waarheid steil. Dan val die vangnet van die noodlot oor die drie mense. Olga en haar aanstaande swear kan hul verbode liefde vir mekaar nie ontken nie. Maar, meedoënloos vasgevan deur omstandighede, is dit juis Pablo wat Olga moet bedrieg…










