Dineke vlug Weskus toe na haar verloofde se verraad en vind dat die uiters aantreklike Duart in haar huisie se stoepkamer woon. Hulle sit aanvanklik nie langs dieselfde vuur nie, maar gaandeweg word hy vir haar ‘n vriend en steunpilaar. Toe Roelf kom kuier, besef sy dat sy op geen manier weer in ‘n vaste verhouding belangstel nie; daarvoor is haar emosies nog hopeloos te rou. Ook Duart stel dit duidelik dat hy nie weer kans sien vir ‘n vaste verbintenis nie. Gaandeweg vind Dineke dat haar kliphart tog wel klein krakies kry, wat natuurlik Duart se skuld is. Maar wat van hom? Is daar enige kans dat sy ook deur sy onverbiddelike mondering sal kan dring?