Description
Anna kies die paadjie agter die plaasdam uit die koppie op. ‘n Byna onverwerkbare verlange na Henk Myburgh skiet haar meteens te binne. Hoekom? Is dit liefde? Het sy hom lief? Hoekom is sy so ontsteld? Is dit omdat sy Henk begeer? Omdat sy haar liggaam aan hom wil gee en aan niemand anders nie? Henk wat mense doodmaak teen betaling? Henk die soldaat, nes Gielie.
Sy probeer haar emosies ontleed, die deurmekaar dinge in haar verstand orden. Maar sy moet dit aanvaar, haar liefdes is verby. Dit was miswolkies wat rondom haar weggewaai het toe sy dit moes vasgryp. Nou le net die barre werklikheid van haar toekoms sonder liefde voor haar. Dit is nou te laat vir liefde…









