Breggie Briel, op pad Kaap-sonder-hoop toe, stel Ronda van Heerden haarself voor toe die aantreklike man vir haar koffie koop. Hy’s getroud, sy sal hom nie weer sien nie. Sy’s aan’t vlug. Weg van haar seer oor haar eks-man, bos toe waar sy kan skep, weer kan leer leef.
Maar Frans Grove duik weer op. En weer. Op Dullstroom, Marlothpark. Die man is skoon knaend. Glo steeds sy’s Greggie Briel. Ronda verjaag hom, ontwyk hom. ‘n Affair is nie haar styl nie. Al slaan hy haar asem weg, maak haar bene lam. Buitendien, wat van daai hand vol pienk pille wat hy gelyk gesluk en wat hom skoon uitgeboul het?