Description
In Projekte vir jou Omkapmasjien neem Alma Schwabe die naaldwerkster by die hand en verduidelik hoe om die omkapmasjien te benut om speel-speel ‘n verskeidenheid van aantreklike artikels vir die huis en klerekas te maak.
Die verskillende projekte is van maklik tot gevorderd gerangskik en die aanwysings leer jou stap vir stap hoe om jou huis te verfraai, fyn Franse omkapwerk te doen en vinnig en netjies klere te maak.
Ook verskaf dit volledige inligting oor:
- die verskillende omkapmasjiene
- onderdele, instandhouding en werking van ‘n omkapmasjien (geen spesifieke model of fabrikaat nie)
- deurryg van die gare
- gares en materiale
- stiktegnieke vir beginners
- spanning
- differensiële voer
- oplossings vir algemene probleme
Alma Schwabe van Somerset-Wes is bekend as die skryfster van Kerspitborduurwerk, Kerspitontwerpe, 40 groot kerspitpatrone, Minikwilts, Geniet jou omkapmasjien en Geskenke vir die huis. Sy gee ook klas in kerspitborduurwerk en die gebruik van die omkapmasjien.

































