SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
‘n Pa uit een stuk – Johan Smit
R40,00
A good-looking copy with some minor creases on the spine, although does not seem as if it has been read much – if at all. Some minor shelf wear. No markings.
1 in stock
- Free buyer protection
- No hidden costs
- Bundling per vendor - just add to cart
Description
Om ‘n pa te wees is beslis een van die wonderlikste ervarings in ‘n man se lewe. Wanneer jy daardie kind in jou arms hou, weet jy jou lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie. Daar het iets met jou gebeur. Onomkeerbaar. Onbeskryflik. Wonderlik. En dan kom die taak van kinders grootmaak… Hierdie taak kan vir baie mans in ‘n nagmerrie ontaard. Jy maak foute. Jy en jou vrou het meningsverskille oor die “regte” manier om kinders te hanteer. En tussendeur dit alles stoei jy verbete om daardie spesiale band tussen pa en kind te behou. Hoe doen ‘n mens dit? Waar kan jy hulp kry? Johan Smit het na verskeie Bybelse pa’s gaan kyk wat ook hierdie paadjie moes loop. Pa’s soos Noag, Dawid, Adam, Jairus, ‘n antal pa’s uit Jesus se gelykenisse en nog heelwat ander sal jou op die pad begelei en jou wysheid en insig gee om jou taak met ywer en in liefde aan te pak. En op die ou einde sal jy agterkom dit gaan eintlik oor net een saak: die bereidheid om lief te hê. Onselfsugtig en opofferend lief te hê. Dan sal jy ‘n pa uit een stuk wees, ten spyte van die foute wat jy soms maak.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop