Dit is soms moeilik om jou geloof elke dag en in elke aspek by jou werkplek uit te leef. As ‘n ervare besigheidsman is Ken Costa goed bekend met die uitdagings waarvoor ‘n mens te staan kom. In God en my werk vertel hy van sy eie stryd met ambisie, geld, verhoudings, sukses en mislukking. Hy maak gebruik van Bybelse waardes om die belangrikheid van geloof te beklemtoon en hoe om dit in jou werkplek van die 21ste eeu uit te leef. Hy gee nie net praktiese raad nie, maar kyk ook na werklike etiese dilemmas in die besigheidswêreld waarin gelowiges wat die Heilige Gees wil navolg, vasgevang word. God en my werk gee vir jou praktiese raad oor hoe om jou geloof met jou dagtaak te versoen, en hoe om probleme soos besluite, stres, ambisie, mislukking en finansies te hanteer. En op verrassende wyse beklemtoon Ken Costa die belangrikheid van vreugde as ‘n onontbeerlike element van sukses en volkome werksbevrediging.