Description
Omnibus 7 sluit drie pragtige liefdesverhale in deur ons boeiende skryfster, Louisa du Toit (Engela Linde)
Talmende tuiskoms (1985): Toe Irma de Wet die huis verlaat om van haar onhoudbare stiefma Matilda weg te kom, het sy nie gedink dat enige iets haar ooit terug sal laat keer nie. Sy is immers nou tuis in Johnnesburg, het ‘n goeie werk en eie woonstel en is verloof aan ‘n man op wie sy baie verlief is. Sy probeer nie te veel dink aan haar pa en stiefsussie Tillie wat dit nog op die plaas met Matilda moet uithou nie. Dan, egter, is daar een oggend ‘n oproepe wat al haar opgeboude sekerhede omverwerp. Dis Deon wat bel … daar het iets gebeur, en dis so ernstig dat hy dadelik ry om haar te kom haal. Min kon Irma weet dat die terugkeer nie gou sou wees nie, en dan onder veel ander omstandighede.
Liefie (1985): Na die dood van haar weduwee moeder, besluit die twintigjarige Liefie Hugo om haar lewe te wy aan die grootmaak van die drie jongeres: Sjimmie, Lettie en Laurie. Sy gee hulle kleinhoewe die naam Die Drie, en kry ‘n padstal aan die gang om die begroting te laat klop. Deur die jare word sy die onwrikbare steunpilaar van haar suster en broers. Soos hulle volwasse raak en pynlike probleme op die lyf loop, probeer sy hulle daarteen beskerm. Dan breek die dag aan dat die ou bestel begin wankel. Sal hulle die storms oorleef, en sal een of meer van hulle ooit werklik geluk vind?
Waar is die kleure heen? (1980): “Die lewe … soms is alles so mooi. Net reg. Tot jy op ‘n dag ontwaak en wonder: waar is die kleure heen?” Hiedie vraag teister nie net vir Fiona Collins nie, maar ook Meyer Bronkhorst en vir Laura. Sedert die verraad van Laua en sy broer Piet, het Meyer nog nooit weer in ‘n vrou belang gestel nie. Hy wy sy lewe aan sy eksektrieke ma by wie hy inwoon, en ook aan sy statusbewuste suster met haar gesin. Maar slegs een ding in die lewe is seker: dat niks ooit dieselfde bly nie. Nie vir Fiona, vir Laura of Meyer, ook nie vir die vreemdeling wat onverwags op Sederburg opdaag nie.












