Description
Omnibus 5 met drie lekkerlees-liefdesverhale sluit in:
As die Nina-wind waai (1997): Die jonge Nina van Walvisbaai verruil haar geboortedorp vir die onekendheid van ‘n wynplaas in die Franschhoekvallei na sy moes hoor dat die man wat sy nog altyd pa genoem het, nie haar eie vader is nie.
Die woestynplantjie (1985): ‘n Ongekunstelde sendingsstasiemeisie word na die opgesmukte huishouding van die ryk baron Von Lindique gestuur om ‘n verlamde jong man te gaan versorg – teen almal se sin, ook hare.
Die voshaar van Biesiesvlei (1992): ‘n rooikop-verpleegster bevind haar skielik in ‘n baie ongemaklike situasie: haar pasiënt ly aan geheueverlies, maar glo vas sy is sy verlore geliefde wat hy nou teruggevind het.











