Description
Omnibus 34 twee opvolg verhale uit die pen van Ena Murray
Appelbloeisels en jasmyn (1989): Erika Hough hou stoksielalleen wittebrood aan die Suidkus, sonder bruidegom, met net ‘n troostelose toekoms wat wink. Wannneer ‘n mosbevlekte bottel uitspoel op die strand – met die adres van ‘n wild vreemdeling daarin – huiwer sy nie om haar siel op papier oop te vlek nie. Die gevolge van daardie brief sou sy in haar wildste drome nie verwag het nie. Om te dink sy word ‘n gratis vakansie op die Comore aangebied … deur ‘n man wat net nie nee vir ‘n antwoord aanvaar nie!
Erf dan my drome (1989): Erika se droom van ‘n liefdesparadys word waar – maar net vir ses maande. Die sjarmante Jean-Paul, nou bestuurder van die hotel Coelaeanthe, se sekretaresse bedank. Hoe gaan hy ooit hierdie krisis kan hanteer? Erika kan die man in die rolstoel nie in die steek laat nie – selfs al is dit teen haar eie man, Philippe, se wens. Eers wanneer sy die intieme toneeltjie teen die Comore-sonsondergang tussen Philippe en die nuwe Franse hotelgas, die pragtige Louise Jumeau opmerk, skrik sy wakker. Maar die kloof tussen haar en Philippe rek net groter, die afgrond skrikwekkend dieper. Hy eis volkom vertroue, maar hoe kan sy haar man vertrou as hy met ‘n beeldskone blondine rontrits?














