Omnibus 5 – Ena Murray

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Paperback/Sagteband
Book Condition : Very good
No. of pages : 506
ISBN Code : 0-624-04276-6
Barcode : 9780624042761
Publisher & Date : Jasmyn in 2005

Book Condition: Very Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 5 sluit drie prag verhale in uit die pen van Ena Murray, ingesluit met ‘n nawoord van die skrywer.

Vreemdeling in Eden (1975): Sy moet trou, binne ‘n week ‘n man kry – dis al uitweg om klein Essie te behou. Want Karlien Steenkamp, amper negentien, huiwer self maar net op die rand van vrou-wees. Na haar suster en swaer se ongeluk, is Essie al bloedverwant wat sy nog oorhet. Julius Schreider, skatryk Seychellese sakeman, kon haar pa gewees het, maar ook hy soek dringend ‘n vrou – vir net ses maande. Sy is so duister soos sy agtergrond. Min wetend van die prys wat sy op die idilliese Seychelle sal moet betaal, gryp Karlien na hierdie enigste strooihalm… Karlien kom gou agter dat hierdie tropiese paradys nie ‘n egte Eden is nie. Want die bewoners maak dit vals, vol dierlike hartstog – ‘n plek om te vrees.

Tahiti, verre land (1976): Is dit blote toeval of die vangnet van die liefde wat Weda Henkel as privaat verpleegster vir die bedorwe Eugenie Levaux op die luukse Franse boot onderweg na Tahiti laat beland? Dié Franse meisie het haar vizier op comte Louis de Bougainville, maar haar hart hunker na dokter Franz Leucas. “Ek gaan van jou ‘n vrou maak, Weda, voordat jy van Tahiti padgee. Dis ‘n belofte – en Louis de Bougainville hou altyd ‘n belofte. En ons kan sommer nou begin.” Oor en oor skroei die diep stem Weda se verwarde hart…

Hartklop van Hawaii (1973): Vandat die vliegtuig op die lughawe van Honolulu land, voel Kara Malherbe asof sy ‘n rol in ‘n onbekende drama speel – die draaiboek ken sy nie, nog minder haar mede-akteurs of haar eie rol. Waar pas die Hawaiise magnaat Rupert Sinclair – Kamehameha oftewel “koning” vir die Polinesiërs – en die FBI-speurder Peter Conway in hierdie drama? Vrilette Karl, Amerikaanse miljoenêrsdogter, het spoorloos van Rupert se landgoed af verdwyn. En nou bevind Kara en haar medewenners van die skoonheidswedstryd hulle teen wil en dank op dieselfde plek van onheil.

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.