Omnibus 27 – Ena Murray

R140,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Good
No. of pages : 425
ISBN CODE : 0-624-03589-1
Barcode : 9780624035893
Publisher & Date : Tafelberg UItgewers in 1997

Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 27 sluit vier gewilde verhale in van Ena Murray

So leeg die moederhart (1965): Die aangrypende verhaal van ‘n jong vrou se meedoënlose soektog na haar seurn. Van die plaas waar sy sewe ongelukkige huweliksjare geslyt het met ‘n man wat geglo het dis sy huweliksreg om sy vrou met die vuiste te takel, tot in die stad waar sy haar as verpleegsuster bekwaam en spesialiseer in die versorging van fisiek gestremde kinders, soek sy voortdurend in elke kindergesig na iets bekends – iets wat ‘n aanduiding sal wees dat dit háár seun is. Maar net toe Heilna Serfontein meen sy het uiteindelik haar bloedkind gevind, gryp die noodlot in en word haar hart opnuut aan flarde geskeur. Hierdie keer ly sy nie net as moeder nie, maar ook as vrou wat vir die eerste keer waarlik leer liefkry het…

Op pad na Kanaän (1984): Diep geestelike verhaal, op die waarheid gebaseer. Van ‘n handjie vol mense wie se lewens onherroeplik ineengestrengel raak op Môrestond, ‘n plek waarheen mense wat deur die lewe geknou is, kan gaan om weer sin in hul bestaan te vind. Die pasiënte kom en gaan voortdurend, maar die vaste personeel leef dag in en dag uit met hul eie smart en die van die ander saam. Daar is verpleegsuster Pauline Grobbelaar, eens bekend as Pauli van der Merwe, vervreemde vrou van die ambisieuse jong regsman Jan van der Merwe wat op ‘n ander vrou verlief geraak het. Daar is tannie Mart, die matrone en biegmoeder vir almal, wie se enigste seun in die tyd as moordenaar tereggestel word. En daar is doktor Wilbur Vlok, ‘n man met grys aan sy slape en skaduwees in sy oë wat met soveel deernis na ander se leed kan omsien, maar selfs so heeltemal alleen deur die lewe gaan.

Bergwind oor Karma (1984): Speurverhaal propvol liefde, spanning en intrigue. Toe die versengende bergwind met die aanbreek van die Kersseisoen deur Erna Paulsen se karavaanpark begin waai en haar gemoedstoestand behoorlik omkrap, noem sy die wind by sy skeldnaam: moordwind! Nooit het sy egter kon droom dat daar in haar rustige Karma werklik moord gepleeg sou word nie. Kort voor lank weet Erna nie meer wie sy kan vertrou nie, en begin sy selfs twyfel aan die man met die eienaardige naam wat haar wel dikwels omkrap maar tog ook soveel gesag inboesem en haar vreemd veilig laat voel…

Net ná middernag (1984): Speurverhaal uit die boonste rakke met ‘n waarlik verrassende einde. Toe die kerkhorlosie een Saterdagnag sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, word daar ‘n moord gepleeg op die rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en verbasing word die prokureur se lyk die Sondagoggend in die pastorietuin gevind. Kapterin Deon Roux word ontbied en saam met die speurder leer ons die mense van Driedoring ken. Saam met kaptein Roux is die leser warm op die spoor van die moordenaar – of is dit ‘n dwaalspoor?

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.