Description
Omnibus 2 sluit vier pragtige liefdesverhale in deur ons boeiende skryfster, Louisa du Toit (Engela Linde)
Anderkant die winter (1976): Na die dood van sy vrou vlug Max Gunter na die klein dorpie Oskop. By die rooistoephuisie van oom Onkel en tannie Hartjie raak hy weer mens en begin dink aan ‘n nuwe lewe virom en sy seuntjie, Tielman. ‘n Lewe ook wat ook ‘n ma vir Tielman insluit.
Hoog brand die oesvuur (1979): Een aand klop ‘n vreemde vrou aan Vicky Collins se deur met skokkende nuus: dat sy getroud is met Frank Jorissen, Vicky se kêrel. Sonder om uit te vind of die bewering waar is, aanvaar Vicky blindelings ‘n nuwe betrekking. Sy word oppasser van ‘n halfinvalide vrou, Mienta Vermolen, op ‘n afgeleë Kalahariplaas. Mienta beskou Vicky vanuit die staanspoor as ‘n bedreiging vir haar seun Jac se vrou Santa, wat met ‘n musiekbeurs in Londen studeer.
Dans van die seekat (1980): Leonie Yssel aanvaar ‘n pos as ‘n musiekonderwyseres by die Hoërskool Hein Wurth om sekerheid te kry oor haar belofte om met Nols Blommaert te trou. Alles is egter nie maanskyn en rose by die Hoërskool Hein Wurth nie.
Onrus op Rus-en-Vree (1992): Christa de Jager het alles: ‘n fantastiese pos en die liefde van haar baas se seun. Maar sy bly soekend. Haar vriendin raai haar aan om Rus-en-Vree toe te gaan en daar haar kop en hart uit te sorteer. Maar op Rus-en-Vree kry Christa alles behalwe rustigheid.










