Description
In Vier Vir Plesier deur Ena Murray ontbloot die skrywer telkens, soos net sy kan, hoe mense voorgee wat hulle nie is nie, maar ook hoe die ware liefde terselfdertyd alle skanse en verskuilde motiewe deurbreek
Droster van Doringbaai, (1977): Ene Koos van der Merwe, of so stel hy homself voor maat sy verskyning op die dorp, en met die geheimsinnige skilderes, Zuna Steyl, begin sake skeef loop – ongelukke vind plaas, asook ‘n geheimsinnig verdwyning en vreemde spanning ontwikkel.
Despoot van Duiwelskloof, (1978): Marina Minnaar ontvlug die ongelukkige verlede van haar skoonheid en roem as mannekyn deur haar as ‘n vaal oujongnooi voor te doen – deur vir die broers Michael en Johan de Beer te gaan huishou. Michael is ’n moeilike man, maar sy broer, vasgekluister aan ’n rolstoel, word Marista se bondgenoot en vertroueling. Die feit dat sy geensins kan kook nie, is maar een van haar geringste probleme.
Waters van Siloa, (1980): Petra Prinsloo wend haar tot die beroemde plastiese chirurg Klaus Wagner met die opdrag: maak my ook beeldskoon. Dit word ‘n weddenskap met die lewe self wanneer dr. Wagner weier om haar tjek te wissel voordat hy daarvan oortuig is dat Petre se nuut gevonde skoonheid haar ware geluk gebring het. Vir Petra wag daar ‘n paar duur lesse.
Vyf vir vreugde, (1980): Doktor Louwda Louw, kindersielkundige, moet tot haar eie verbasing vind dat sy instemmend antwoord op ʼn onverwagse huweliksaanbod van Ruben Brynard, ʼn verbitterde prokureur. Op die oog af skort daar niks, maar wanneer Louwda ná die troue by Ruben se huis opdaag, wag daar ’n erge verrassing op haar. Hoe gaan hierdie vrou, wat al net so sinies as haar man geraak het oor die lewe, haar jammerlike situasie in vreugde omskep?












