Omnibus 26 – Ena Murray

R140,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format   :   Hardcover/Hardeband
Book Condition  :  Good
No. of pages  :   360
ISBN Code  :   0-624-03542-5
Barcode  :   9780624035428
Publisher & Date  :   Tafelberg Uitgewers in 1997

Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 26 – Ena Murray sluit drie liefdesverhale in deur een van die mees gewildse skrywers in Afrikaans

Bruid van Heerengracht (1974): Matrone Anmar Cloete se wêreldjie het in die vyf jaar sedert haar verbreekte verlowing gekrimp tot die paadjie tussen haar woonstel en die hospitaal. Die enigste mens teenoor wie sy in hierdie tyd soms haar masker van kille professionaliteit laat sak het, is Oudokter. Want hy het haar verlede geken; dis deur sy toedoen dat sy die pos as matrone by die hospitaaltjie op Kruisrivier bekom het. Maar nou het ‘n amper noodlottige hartaanval ‘n einde aan Oudokter se lang loopbaan gebring. Hoe groot die omwenteling in haar lewe gaan wees, kom sy eers agter toe die nuwe superintendent binne ‘n enkele dag die hele hospitaalroetine radikaal verander, en haar pos oornag omtrent oorbodig maak. Hoe moet sy dokter Paul van Drüten se openlike afkeer van haar vertolk? En asof die spanning nie genoeg is nie, moet sy hoor dat hy ‘n nuwe aanstelling gedoen het: dokter Clive Coertze, haar gewese verloofde!

Skaduwees van gister (1969): Toe Charmain van Rijn na maande van onsekerheid oor haar man, Arnold, se verdwyning besluit om by sy ouerhuis te gaan aanklop om hulp, bevind sy haar skielik in die makaberste situasie denkbaar. Met haar aankoms op die indrukwekkende Van Rijn-landgoed moet sy hoor dat Arnold pas verloof geraak het aan sy jeugvriendin! Dit is die rede vir die swierige party waarby sy onwetend as ongenooide gas opgedaag het. Voor sy nog weet hoe om op die skoknuus te reageer, stel Arnold se broer, Ewert, haar aan die gaste voor as sy vrou. Toe Ewert haar daarna aan haar eie man voorstel asof hullle wildvreemdelinge vir mekaar is, en Arnold haar beleef groet sonder om haar as sy wettige vrou te erken, besef sy dat daar ‘n groot skoef los is.

Die geleende bruid (1966): Toe die aantreklike graaf Egmond du Brecy met die Nederland in die Kaap aankom, is die hele nedersetting in rep en roer. Die moeders van hubare dogters laat dadelik die kleremakers kom. Elkeen wil hê dat háár dogter moet die mooiste lyk op die goewerneur se bal ter ere van die vername vreemdeling, want hulle weet: as enigste ergenaam van die gestorwe graaf Du Brecy sal hy binnekort; ’n baie vermoënde man wees. Maar op die aand van die bal daag daar nóg ’n vreemdeling op. Hy stel homself as graaf Pierré du Brecy voor, en dring daarop aan dat hy die ware erfgenaam is.

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.