Description
Vir die heldinne in Ena Murray se Omnibus 12 wag daar telkens liefde en hartstog in verre lande. Maar ook ontnugtering, verraad en doodsgevaar.
Lied van die Campino’s (1979): Petro Malan daag in Portugal by haar oorlede moeder se adellike familie op. Sy word egter geensins verwelkom nie. Die waardige marqueza d’Almeidda se kilheid grens aan minagting; pierewaaier Alberto en sy lifelike suster Paoula is openlik vyandig; en selfs die aantreklike gesinsleier, die oudste neef Raoul, tree eienaardig teenoor haar op. Raoul verwar haar. As klein dogtertjie is sy aan hom toegesêas bruid. Nou lyk dit die een oomblik asof hy tog uit ware liefde met haar sal trou, maar dan is daar weer iets duisters in hom wat haar laat twyfel. Agter al die aanslae op Petro se lewe, die wanhoop en die fnuiking van haar ontluikende liefde, is daar ook nog die tergende geheim van die vasgebinde en verminkte vrou bo in die Middeleeuse kasteeltoring…
Altaarvure op Kandavu (1979): Die toneel verskuif na die Fidji-eilande – Marika Lubbe mopet die ongenaakbare dr. De Wet Zandberg daarheen vergesel om sy dogtertjie Marietjie, ‘n poliolyer te versorg. En daar, by ‘n hospitaal vir melaatses, kruis hul paaie met Irene, De Wet se vervreemde vrou, wat saam met dr. Graciël Engelhardt die hospitaal beheer. Wanneer De Wet en Graciël nie meer hul aangetrokkenheid tot die mooi Marika kan wegsteek nie, begin Irene haar strikke span om haar man terug te wen. Marika beleef nie net die nagmerrie van botsende verhoudings nie, maar ook die afgryse van ‘n siekte-epidemie, die verskrikking van mense wat geoffer word, en Marietjie wat ontvoer word, die donker woude in.
Koninkryk van Ricardo (1979): ‘n Jong onderwyseres, Antoinette Duvenhage, wat opp St. Ronaldo, ‘n afgeleëeiland, opdaag op vir ‘n vakansie van ‘n leeftyd. Só glo sy. Maar gou ontmoet sy die man aan wie die hele eiland behoort, Ricardo d’Silva. En aan sys y: die kil skoonheid Marcelle – wat Antoinette brandmark as mededringer om Ricardo se liefde. Niks kan Marcelle Hierna in haar haat stuit nie. Sy ken geen genade nie; net onuitputlike wreedheid.












