Description
My Groot Lofkleuter Bybel deur Jan de wet bevat Bybelverhale wat spesiaal geskryf is met die kleingoed in gedagte en sal elke Lofkleuter bekendstel aan die fantastiese verhale van die Bybel.
Elke storie kom met ‘n Bybelse lewenswaarde wat maklik is om te verstaan. Met pragtige, kleurvolle illustrasies wat elke kleinding se aandag sal hou, word storietyd ‘n opwindende kuiertyd! Die stories word ook persoonlik woord-vir-woord vertel deur Jan de Wet op die CD wat hierby ingesluit is!
Heerlike saamlees pret met Mamma of Pappa, of lekker-luister op hul eie met pragtige illustrasies wat die stories deur prentjies vertel!

















