Description
Kleure Van Liefde deur Marthie Momberg is ‘n ware verhaal wat hom afspeel teen die agtergrond van ‘n dodelike siekte en die onverwagse verloop daarvan. Derik Momberg, ‘n Comrades-hardloper en sielkundige met ‘n teologiese agtergrond, word op 41-jarige ouderdom met leukemie gediagnoseer. Saam met sy vrou ontdek hy dat daar niks is om te vrees nie. Hulle verhaal bied bo alles ‘n perspektief op vrede en die aanvaarding van die dood as ‘n wonderlike nuwe dimensie.












