Description
Halala Afrikaans deur Daniel Hugo is ’n toeganklike en oorspronklike kykie na die geskiedenis en ontwikkeling van Afrikaans. Op ’n speelse, vernuftige manier vertel Hugo hoe die taal ontstaan het, hoe dit deur die jare verander het en hoe dit vandag ook nuwe vorme aanneem, selfs in die wêreld van SMS-taal.
Die boek is daarop gemik om lesers wat min van Afrikaans se geskiedenis weet, meer oor die taal te leer, ingeligte lesers met nuwe insigte te verras en studente te boei met die interessante kompleksiteite van Afrikaans.
’n Interessante leeservaring vir Afrikaansliefhebbers, taalstudente en enigiemand wat meer wil weet oor die ontstaan, geskiedenis en hedendaagse gebruik van Afrikaans.



















