Description
In Littekens: Stories en Memories neem Bakkes bestek op van ‘n lewe se wonde wat genees het. Soos feite en fiksie op mekaar inspeel, word dit die outobiografie van ‘n kreatiewe gees, ‘n vrou, n Suid-Afrikaner.
‘n Enigste dogter verlaat met man en kinders die Nuwe Suid-Afrika. ‘n Slepende siekte eis sy tol. ‘n Sagte man neem wraak. Geboortegrond word afgele. Oorlewering uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog dra ‘n eeu later steeds n lewensles oor.
Dit is ‘n bundel waarvan elke deel saam met die geheel gelees wil word want elke verhaal vind weerklank in ‘n ander verhaal en belig so ‘n ander faset daarvan. Wat wraak nie kon genees nie, genees weerwraak elders. Een vrou verloor haar kind, ‘n ander vind ‘n verlore dogter terug. Op die drumpel van die dood word liefdesdrif hernieu. ‘n Afgetakelde huisie word gerestoureer, soos ‘n lewe.




















