Description
Toe-Val-Lig deur Amore Bekker is ’n versameling van byna 100 ware verhale oor die vreemde en soms ongelooflike toevallighede wat mense se lewens raak. Die stories is oorspronklik deur luisteraars van RSG se middagprogram Tjailatyd gedeel, en Amore Bekker het ’n keur uit die verhale saamgestel vir hierdie boek.
Bekendes, doodgewone mense en selfs mense wat verkies om anoniem te bly, vertel van ervarings wat moeilik verklaarbaar is en soms amper te vreemd klink om waar te wees. Sommige verhale sal jou laat lag, ander dalk ’n traan laat wegpink, en heelwat sal jou laat wonder oor die rol wat toeval in ons lewens speel.
























