Description
Susters van Eva deur Dalene Matthee is ’n literêre roman oor vrouwees, liefde, begeerte en die geheime wat mense met mekaar verbind. Wanneer Jessie de Waardt haar babadogtertjie verdrink en daarna verdwyn, laat sy ’n gemeenskap vol onbeantwoorde vrae agter. Waarom het sy dit gedoen, en wie was die kind se pa? Terwyl Jessie by ’n bobbejaantrop skuil om die speurders te ontwyk, probeer die vroue op die plase in Grootberg-se-Kloof sin maak van haar dade en haar verlede.
Deur die oë van vier vroue ontvou Jessie en haar man Ses se verhouding, ’n lewe waarin liefde en haat langs mekaar bestaan het. Terselfdertyd kom die geheime, verlange en onderlinge verhoudings van die ander vroue na vore. Susters van Eva was Dalene Matthee se persoonlike gunsteling onder haar eie boeke en is ook vir die verhoog verwerk.





















