Description
Die hartebreker deur Jaybee Roux is ’n Afrikaanse liefdesverhaal oor ’n vrou wat ontdek dat ware emosies nie altyd volgens ’n draaiboek verloop nie.
Die bekende sepie-aktrise Amelia van Rensburg kry uiteindelik die geleentheid om haar droom van ’n ernstige filmrol te verwesenlik. Maar daar is ’n probleem: volgens die mense wat die rolverdeling behartig, het sy nie genoeg lewenservaring om die karakter se pyn en droefheid geloofwaardig uit te beeld nie. Amelia het immers nog nooit ’n liefdesteleurstelling beleef nie. Om die rol te vertolk, sal sy moet verstaan hoe dit voel om seer te kry. Maar kan ’n mens werklik vir liefde en hartseer voorberei, of moet die lewe self jou die les leer?










