Description
Die Storie: ’n Aaneenlopende Verhaal van God en Sy Mense bied ’n toeganklike oorsig van die Bybel se verhaal, van Genesis tot Openbaring. In 31 hoofstukke word die belangrikste Bybelkarakters, gebeure en boodskappe saamgebring om die groter verhaal van God se liefde vir die mensdom en sy begeerte om verlore en seer mense te red, te vertel.
Die boek gebruik die duidelike, maklik leesbare teks van die Nuwe Lewende Vertaling en bied Bybelverhale, gedigte en leringe in ’n aaneenlopende vertelformaat aan. Dit lees soos ’n roman en neem die leser deur die intrige, drama, konflik, romanse en vernuwing wat deel vorm van die Bybel se verhaal.




























