Description
Saartjie het ‘n geheim wat haar tot raserny dryf! Maar die nuwe skooljaar begin en die Drie Muskiete gaan hoërskool toe. Hulle nuwe onderwyser maak hulle knieë lam. Intussen is daar ‘n nuwe meisie uit die Vrystaat, ‘n breker uit die Bosveld en Galpil en sy trawante beplan ‘n perskestropery en Saartjie-hulle besluit om hulle skrik te maak.




















