Description
Jou God is Koning! deur Solly Ozrovech is ’n Afrikaanse Christelike dagboek met 366 oordenkings oor die almagtige, drie-enige God en sy teenwoordigheid in die gelowige se daaglikse lewe. Ozrovech skryf oor God as Skepper en Koning, oor sy verlossing en ontferming, en oor die hoop en troos wat Hy aan sy kinders bied. Die oordenkings weerspieël Ozrovech se jarelange roeping as prediker en skrywer en sy diepe eerbied en liefde vir God.
Hierdie 80-jarige gedenkuitgawe bevat, benewens die daaglikse oordenkings en teksregister, huldeblyke van mense wat oor die jare nou met Ozrovech saamgewerk het. Dit bevat ook 80 goue wyshede uit sy pen, 80 van sy gunstelingaanhalings, 80 gebede en 80 Bybelse beloftes. Die uitgawe is spesiaal saamgestel ter viering van Ozrovech se 80ste verjaardag en sal veral aanklank vind by lesers van sy boeke en mense wat ’n daaglikse Christelike oordenking waardeer.



























