Description
Die kerninhoud van Satanisme: die reg om te weet handel oor die bedreiging wat hierdie geloof ingehou het vir die jeug, die rol wat moderne musiek gespeel het, sataniese simbole, tekens en rituele en die Christelike oplossing daarvoor.
In werklikheid was dit dus ‘n kultuurhistoriese artefak van die destydse tydgees toe ekstreme bewerings en skeptisisme alombekend was en noodsaaklike inligting bevat het oor die gevare van okkultisme.
Rodney Seale se passie was om Jesus as verlosser en saligmaker aan jongmense voor te stel.
Die boek word steeds gesien as baie skaars en ook as ‘n versamelaarsitem. Hierdie kopie is in ‘n puik toestand.























