Description
Die Brug Na Haven deur Francine Rivers is ‘n verhaal van versoekings, genade en onvoorwaardelike liefde. Lena Scott is ‘n opkomende ster in Hollywood in 1957. Haar regte naam is egter Abra, grootgemaak in die huis van dominee Ezekiel Freeman, nadat hy haar as baba onder ‘n brug buite Haven gevind het. Sy word volwasse en ‘n twyfelagtige jongman lok haar na Hollywood. Maar is dit werklik wat sy wil hê?














