Description
Christine le Roux se Keur 2 met vyf liefdesverhale saamgevat
Verborge liefde (1997): Roland Meyer en Victoria Malan besluit om ‘n huwelik slegs in naam te hê. Beide hou van die gemaklike en gerieflike ooreenkoms en die reëls is tog duidelik genoeg uiteengesit. Maar kitsoplossings kom ‘n mens soms duur te staan.
Liefdesvallei (1995): Julia Eksteen hoop om haar tesis in die stilte en natuurskoon van Groenvallei te voltooi, maar die hardkopige plaaseienaar, Gerard Koch, is allesbehalwe verwelkomend. Haar spontane geaardheid laat mettertyd almal op die plaas ontdooi, en skielik lyk almal se lewenspaadjies anders.
Tot in ewigheid (tydskrifverhaal in Rooi Rose): Jacques en Kirsten is getroud na slegs ses hartstogtelike weke. Maar is passie genoeg om te verseker dat hulle getrou aan mekaar sal bly?
Uitdraai na Ukuthula (tydskrifverhaal in Rooi Rose): Laetitia Jonker se besoek aan Ukuthula sou net tydelik wees, maar terwyl sy die binneversiering van die wildplaas behartig, raak sy ook onverwags verstrengel in die nuwe onderneming.
‘n Hele nuwe mens (tydskrifverhaal in Rooi Rose): Madie Neethling word dringend uitgeroep om na ‘n baba om te sien. Hoekom is die foto’s van Bennnie se ma stukkend geskeur en weggegooi? En hoekom wil die pa nie aan sy seuntjie raak nie?











