Description
Liefde Sonder Hawe deur Annelize Morgan is ’n liefdesroman vol avontuur, verlange en onverwagte wendinge.
Isabeau se kinderjare op die Franse platteland is nie altyd maklik nie, maar haar vriendskap met Simon, ’n skaapwagterseun, maak haar lewe draagliker. Wanneer sy en haar ouers weer moet verhuis, belowe Isabeau om na hom terug te keer. Die noodlot het egter ander planne. Sy beland op ’n seerowerskip, waar sy onder die naam Solita die volgende sewentien jaar van haar lewe deurbring. Haar hoop om ooit weer haar jeugliefde te vind, begin stadig vervaag. Dan verskyn die seerowerjagter Armand du Bois, en skielik lyk haar toekoms heel anders as wat sy verwag het.












