Omnibus 3 – Elza Rademeyer

R120,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Paperback/Softcover
Book Condition : Good
No. of pages : 509
ISBN-13 : 978-0-624-04869-5
Barcode : 9780624048695
Publisher & Date : Jasmyn in 2010

Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 3 van ’n immergewilde skrywer se werk bestaan uit drie liefdesverhale

‘n Les vir Elizabeth (2000): Dan is dit so dat sy tegelykertyd op twee mans verlief is, dink Elizabeth. As sy by die sjarmante, goed opgevoede en duidelike welaf wynboer Kobus Dreyer is, weet sy onteenseglik dat haar hele wese na hom uitreik. Maar by sy identiese tweelingbroer, die bruuske, soms platvloerse en sukkelende pampoenboer Piet, neig haar hart na hom. Elizabeth verkeer in ‘n stryd om haar innerlike verwarring te verwerk, maar gelukkig weet die man wat haar liefhet hoe die vurk in die hef steek.

Hoë berge (1993): Hulle het toevallig ontmoet en mekaar liefgekry. Sy het probeer vergeet van Tobie en hulle verbreekte verlowing, en van Ben Pelser se ongewenste attensies op kantoor; hy het probeer vergeet van Mercia vir wie hy nie lief was nie, maar aan wie hy met ‘n huweliksband verbind was. Vir hom was dit ‘n berg wat hy moes oor en hy sou nie rus voordat hy daarin geslaag het nie, maar vir haar was die piek te hoog en sy het op die vlug geslaan. Sy het egter nie rekening gehou met sy vasbeslotenheid nie, want hy het ook geweet: bo-op ‘n hoë berg is die uitsig na die verte asemrowend mooi.

Die onwillige bruid (2000): Ruben is see toe om te gaan herstel van die gevoelige hou wat Moira sy hart en ego toegedien het. Daar, op ‘n selfmoordrots hoog bo die onstuimige see, ontmoet hy vir Ina – ‘n vrou wat hy net nie kan kleinkry nie. Wie is sy en wat is haar storie? Maar kort voor lank moet hy erken hy weet nie meer wat sy eie storie is nie. Want in watter byenes bevind hy hom tog nie! Verlief op ‘n getroude vrou, verloof aan ‘n jaloerse feeks, en sonder enige raad wat hy aan die situasie moet doen …

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.