Omnibus 31 – Ena Murray

R140,00

Estimated delivery: 2–9 business days

1 in stock

Book Format : Hardcover/Hardeband
Book Condition : Good
No. of pages : 447
ISBN CODE : 0-624-03772-X
Barcode : 9780624037729
Publisher & Date : Tafelberg UItgewers in 1999

Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per seller - just add to cart

Description

Omnibus 31 sluit die drie prag verhale in uit die pen van Ena Murray.

‘n Malva in Vinkelstraat (1969): Die jong dominee Werner de Waal word hartlik, gul deur sy eerste gemeente op Wilgersdrift verwelkom. Maar dit is dieselfde mense wat gou-gou soos een man teen hom draai. ‘n Dorp soos Wilgersdrift vergewe nie maklik nie, veral nie as ‘n buitestander hul ongeskrewe reëls oortree nie. En dominee Werner het die heel belangrikste een oortree: hy het die vrou wat deur die hele dorp as uitgeworpene verklaar is nie net behandel asof sy een van die gewone gemeentelede is nie, hy het boonop gaan staan en verlief raak op haar, die beeldskone Mirre Malherbge – sy met haar skandeking en haar dronklap-pa…

Lisé (1960): ‘n Bedorwe rykmansdogter wat moet hoor dat sy nie sommer net lomp is en swak motor bestuur nie: sy is besig om blind te word. Aanvanklik wil sy niks weet van haar dokter se voorstel dat sy op ‘n vriend van hom se plaas kan gaan bly tot tyd en wyl sy haar gebrek leer aanvaar het nie, maar wanneer die wêreld finaal om haar verdonker, laat sy toe dat dokter Justus haar na Uitvlug neem. Dit is daar dat haar pad kruis met die van Stephan Reitz, eens op ‘n tyd een van die vooruitstrewendste jong sakemanne in Kaapstad, maar nou ‘n enigmatiese figuur in ‘n rolstoel, met sy bos krulle wat te vroeg grys geword het, sy geslote gesig en sy meesleurende stem wat paai en troos en ‘n eerste vlammetjie van harstog in Lisé se verbgitterde hart aansteek…

Sê groete vir Pappa (1990): Nadat Reino Vos se vrou, Chrisma, hom so onverwags tydens ‘n sinodesitting verlaat het, bedank hy as predikant; word hy doodgewoon meneer Vos – hoof van die Sonopkinderhuis. Dit is in die hoedanigheid dat hy weer kontak maak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie sy Chrisma weggeloop het. Rita willig in om as huismoeder in die kinderhuis op te tree en begin ‘n innige vriendskap mettertyd tussen haar en Reino groei. Maar toe die nuwe dogter, Madelyn le Roux, tot die kinderhuis toegelaat word, verander alles asof oornag, en verloor Rita alle hoop om ooit weer tot Reino deur te dring…

 

Seller Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.