Description
Omnibus 6 sluit drie prag verhale in uit die pen van Ena Murray, ingesluit met ‘n nawoord van die skrywer.
Tonge van vuur (1985): Leandra Colyn is Wesselville se tennisster en mevrou dominee… Barry Krige is die aantreklike nuwe dokter en sal enigeiets gee om die vonke uit haar blou oëte sien spat. Mas as jy met vuur speel, kan jy jou vingers – en veel meer – lelik verbrand. Waar kry jy ‘n sterker wind as die een wat deur die tong aangeblaas word?
Die geheim van Hercule Cordier (1970): “Ek is nie die sort man wat ooit iemand vergeet of vergewe wat met my lewe gespeel het nie. Eendag, mam’selle, sal ons mekaar weer op gelyke voet ontmoet. Jy sal betaal vir elke vernedering, vir elke sekonde van hel op hierdie skip.” Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie…
Waar die wilde besembos bloei (1973): Vir Ursula Liesching is daar net een opsie: die silwerdoek en die wisselvallige geluk van ‘n glanslewe as rolprentster, eerder as die sekuriteit van ‘n huwelik met ‘n beroemde chirurg. Net jammer sy gooi sonder gewetenswroeging haar agtjarige dogtertjie Melinda saam haar pa weg op haar soektog na roem en sterstatus. Dertien jaar later lê Melinda se pa op sterwe en sy besluit om haar ma op die Kanariese Eilande te gaan soek.












