Description
Om te vas is vir Jentezen Franklin ‘n lewenswyse. Sy gemeente vas elke Januarie vir 21 dae lank. In Wanneer julle vas…wil hy lesers help om te verstaan dat vas net so ‘n belangrike geestelike aktiwiteit soos gebed is. Hy breek die waarde en krag van die Bybelse gebruik van vas vir lesers oop en help hulle om te verstaan hoe dit hul lewens kan verander.









