Description
Vra God Te Veel? bring ’n keur van Braam Hanekom se geestelike rubrieke, soos oorspronklik in Die Burger en op sy webblad verskyn het, saam in ’n unieke 40-dae-geloofsreis. Met sy vars perspektief bied dit relevante antwoorde op sommige van die mees aktuele vrae van ons tyd. Te midde van ’n wêreld vol negatiewe stemme herinner Hanekom ons daaraan dat God nooit te veel vra nie – want jy hoef nooit alleen te stap nie. Hierdie boek nooi jou uit om God weer opnuut in jou alledaagse lewe raak te sien.












