Description
Lanie Schoonbee, die beeldskone eienares en hoofontwerper van Schoonbee Modes, verstaan dit glad nie dat ‘n ruwe blondekopspeuder soos Rudie Loubser dinge in haar kan wakker maak wat sy nie kan beheer nie. En dit terwyl sy dit oorweeg om met die aantreklike Pierre Munro van Munro Modes te trou! Toe sy egter agterkom dat Rudie in haar nuwe ontwerper, Rozanne Pelser, belang stel, ervaar sy ‘n gevoel waaraan sy volstrek weier om ‘n naam te gee.
Dan kom skokfeite oor ‘n paar mense naby aan haar aan die lig, en sy kan nie meer van haarself af weghardloop nie. Maar die waarheid bring vir haar alles behalwe geluk…









