Description
Toptien-Tuiskokke deur Christelle Erasmus en Alana van den Berg bring die tien beste resepte van elk van tien finaliste in Leserskring se landswye tuiskokkompetisie bymekaar. Die resepte is uit duisende inskrywings gekies en daarna deeglik gekook, geproe en verfyn. Die resultaat is ’n uiteenlopende versameling van tuisresepte wat deur gewone Suid-Afrikaanse tuiskokke ontwikkel en vervolmaak is.
Benewens die resepte bevat die boek profiele van die tien tuiskokke, wat uit verskillende dele van die land kom en elkeen hul eie kookstyl en gunstelinggeregte na die versameling bring. Die resepte is uitgesoek en getoets deur ma-en-dogterspan Christelle Erasmus en Alana van den Berg, albei ervare kookboekskrywers. Toptien-Tuiskokke bied daarmee ’n interessante versameling beproefde resepte vir gesinsmaaltye, kuierkos en spesiale geleenthede.





















