Description
Tango met ’n chirurg deur Rykie Roux is ’n Afrikaanse liefdesverhaal oor aantrekking, ingewikkelde verhoudings en die ritme van liefde.
Salome is ’n sesdejaar-mediese student wat haar hart op haar studieleier, die briljante maar nukkerige dr. Bart de Lange, verloor het. Sy kan egter nie verstaan waarom hy so vreemd teenoor haar optree nie. Dan is daar professor Tjaart Dekker, wie se bedekte insinuasies haar laat wonder wat hy werklik in die mou voer. Met haar gevoelens deurmekaar en min antwoorde op haar vrae, wend Salome haar tot tango. Dalk kan die dans haar help om die ingewikkelde pas van haar eie liefdeslewe te ontrafel.











